Rapportryerbeweging
COVID-19 information is beskikbaar by: https://coronavirus.datafree.co/
Landsberaad 2020
Knapsak 34
Kom neem gerus deel aan 2020 se Bybelvasvra!
Leerlinge tot Graad 7 kan spanne vorm en inskryf.
Klik op Bybelvasvra vir al die inligting. Skrifgedeeltes en Vraesel inligting vir Juniors en Seniors is nou daar beskikbaar om af te laai.
Kennisgewing COVID-19 Pandemie 20 Maart 2020
Na deeglike oorweging is daar besluit om 2020 se Bybelvasvra slegs oor een rondte (Augustus 2020) en ‘n finale rondte rondte vir die top tien spanne (Oktober 2020) aan te bied.
Die Skrifgedeeltes vir die eerste rondte word steeds gebruik. Gevolglik is daar baie meer tyd vir voorbereiding. Die tweede rondte se Skrifgedeeltes val dus totaal weg.
Die inskrywingsdatum word verleng tot 30 Junie 2020.
INDIEN DIE SITUASIE LATER VERERGER SAL ‘n FINALE BESLUIT GENEEM WORD. HOPELIK SAL DIT NIE NODIG WEES NIE.
Sterkte met julle voorbereiding.
Bybelvasvragroete
Hennie Schmidt
Bybelvasvra: Belangrike datums 2020
Skrifgedeeltes beskikbaar |
November 2019 |
Laaste dag vir inskrywings |
30 Junie 2020 |
1ste Rondte |
Verval |
Punte 1ste Rondte |
|
2de Rondte |
20 tot 25 Augustus 2020 |
Punte 2de Rondte |
7 September 2020 (op die laatste) |
Finale Rondte (Top 10 spanne) |
16 tot 18 Oktober 2020 |
Die Bybelvasvra se doel is die bevordering van die jeug se liefde vir die Bybel en Bybelstudie, die bevordering van hul kennis en hanteringsvermoë van die Bybel, asook die bevordering van hul kommunikasie- en samewerkingsvermoë.
Die lewe gaan oor meer as net wen, en dit is juis waarom ons u wil aanmoedig, om soveel moontlik kinders die geleentheid te bied om deel te neem. Die gedagte is juis dat elke kind wat deelneem, die mense rondom hom/haar ook positief kan beïnvloed en die Woord só uitgedra word - veel verder as net die skool en die afrigter, maar ook gesinne.