Knapsak 22

BOODSKAP VAN DIE PRESIDENT

Rapportryers en kultuurvennote,

‘n Geseënde Kersfees, ‘n ware Christusfees, word u en u families toegewens.

Mag die nuwe jaar, 2018, vir ons almal ‘n besondere mooi jaar wees.

BYBELVASVRA – FINAAL

Die Olifants River Lodge, Middelburg, Mpumalanga,  was weer op die naweek van 21 Oktober 2017 in rep en roer met die Bybelvasvra Finaal. Die elf spanne het mekaar goed opgedreun en daar was slegs ‘n klein verskil in die finale puntetelling.

Die wenners was:

  1. Randhart 1, Alberton (prysgeld R4 000)
  2. Hennopspark 2, Pretoria (prysgeld R3 000)
  3. Mooirivier 1, Potchefstroom (prysgeld R2 000)

 

Knap2201

Knap2202

Gelowige kinders weet waaroor dit gaan....

Hierdie is al die finaliste wat deelgeneem het

Knap2203

Die wenspan en hul afrigters by die President van die RRB.

Johan Roos, Arno de Jager, Ryan van Dyk, Nico Olivier, Retha van As (afrigter),

Samantha Roux, Esta Barnard (afrigter)

 KORPSNUUS

Magaliesburg

Hierdie korps gee al vir ‘n etlike jare stil-stil deeglik beslag aan die Ouboet-projek. By gebrek aan behoeftige kinders, het hulle besluit om dit elke jaar vir ‘n Gr 7 klas aan te bied. Hierdie jaar was die volle klas van 19 seuns van die laerskool Hekpoort aan die beurt.

Knap2204

Knap2205

Wat is “absailing” in Afrikaans?

Stoktrek ...... in spanverband!

Knap2206

Knap2207

Wat is lekkerder as swem in ‘n plaasdam?

Oggendgodsdiens het die woelknape op hulle klipstoele vasgenael gehou midde-in so ‘n pragtige omgewing!

 Bethlehem

 Die korps keur elke jaar beste presteerders in die handhawing en bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur in elke hoërskool in die kategorië: Junior en Senior Seuns en Dogters. Deelnemers word afgerig om hul eie voorleggings van bewese prestasies in die laer- en hoërskool voor te berei vir beoordeling.

Deelnemers en hul kontakbesonderhede word op ‘n databasis bygehou sodat periodiek met hulle kontak gemaak kan word om hulle in hul aktiewe Afrikanerskap te help versterk.

 Voorleggings word aan die hand van die volgende kriteria beoordeel:

  • Suiwer, verbeeldingryke en skeppende taalgebruik (gebruikstaal, vaktaal, tegniese- en sportterme.
  • Projekte gerig op die Afrikaanse taal en kultuur (aksieplan en resultate).
  • Invloed op die groep (leierskap – positief Afrikaans).
  • Ambassadeur vir Afrikaans (uitruilstudente, penvriende, Internet, ens.)
  • Geskrewe werk (skoolkoerant, artikels, publikasies, briewekolomme, opstelle, ens).
  • Deelname aan Afrikaanse Ekspo.
  • Deelname aan debat- en redenaarskompetisies in Afrikaans.
  • Aktiewe lid van Afrikaner-organisasies (Voortrekkers, Volkspele, ATKV, ens.)
  • Prestasies in Afrikaans as skoolvak.
  • Enige ander aktiwiteite wat gerig is op die bevordering van Afrikaans.

Korpse wat graag hierdie projek plaaslik wil aanpak, kan gerus kontak maak!

Knap2208

Pro-Afrikaans wenners van Hoërskool Witteberg:

Johanné Heyns (Jnr Dogters); Marnus Zaaiman (Snr Seuns);

Janneke Venter (Snr Dogters) by projekleier Danie Eichstädt

 Die korps het ook die volgende inspirerende boodskap van bemoediging  aan die matrikulante van 2017 in die plaaslike koerant geplaas:                                       

Knap2209
Die korps slaag daarin om elke jaar ‘n suksesvolle gholfdag aan te bied.
 Riebeeckstad  Koppie-Alleen

Knap2210

Knap2211

Kyk net al die pryse!

Met hierdie flinke idee het die korps R10 000 kon skenk aan die plaaslike jeugsorgsentrum

Newcastle

Die korps hou aan die einde van elke jaar ‘n spoggeleentheid waartydens erkenning verleen word aan die afgelope jaar se presteerders. ‘n Groot ophef word ook gemaak van die korps se dames wat ‘n REUSE ondersteunende rol vervul met alle korpsaksies.

Knap2212

Knap2213

Korpsvoorsitter Willie Potgieter gee erkenning  aan Loraine du Preez vir reusewerk gedoen met die plaaslike Bybelvasvra

OUBOETPROJEK! Met stok en hoed vat ons die wandelpad!

Alles in balans soos die rots op die agtergrond!

Knap2214

Wisseltrofeë wat aan die einde van elke jaar deur die korps aan presteerders toegeken word. 

 Caledon

Die nostalgie van ons voorgeslagte se leefwyse is vir ons kosbaar en ons koester die naam van ons organisasie wat daaraan gekoppel is......., MAAR Rapportryers is ook aanpasbaar en gebruik hedendaagse middele effektief volgens die eise van die tyd!

Knap2215

Rapportryerraadslid Charles Muller se “ossewa” waarmee hy wildernisse tem!

Rapportryergroete!

Danie Eichstädt 

 Sekretaris

20 November 2017

Last modified on Thursday, 23 November 2017 20:29
More in this category: « Knapsak 23 Knapsak 21 »