Die Bybelvasvra in 'n neutedop

Die Rapportryers se Nasionale Laerskole Bybelvasvra vind plaas in spanverband van vier leerders per span. Skrifgedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament word jaarlikse uitgesonder en reeds in November bekend gemaak. 

Die eerste rondte vind in Mei en die tweede rondte in Augustus op streeksvlak plaas. Spanne neem aan al twee rondtes deel. Die Top Tien Senior spanne word dan uitgenooi na die Finale rondte in Oktober om die Nasionale wenner te bepaal. Die Rapportryerbeweging dra die koste vir een afrigter en vier leerders. Indien skole ekstra afrigters en persone wil saambring is dit vir die skool se rekening. Skole moet ook op hulle eie onkoste by die plekke waar uitdunrondtes en die finaal gehou word aanmeld.

Ons bied die projek ook in Engels aan (vraestel word vertaal) sodat niemand uitgesluit word nie. Sou ‘n Engelse span onder die Top Tien eindig sal hulle uiteraard vir die finale rondte kwalifiseer.

Die Junior afdeling is ingestel om die jonger leerders ‘n makliker intreevlak te bied met die oog op latere volwaardige deelname in die senior afdeling. Junior spanne bestaan uit leerders in Graad 4 en 5 alleenlik. Die vraestelle bestaan uit drie afdelings.

Senior spanne bestaan uit vier leerders van Graad 6 en 7. Niks verhoed egter dat ‘n afrigter ‘n Graad 5 leerder in ‘n Senior span mag insluit nie. Die vraestel bestaan uit ses afdelings.

Leerders in spanne hoef nie in dieselfde grade te wees nie en daar is ook geen geslagtelike voorskrifte nie.

Erkenning:

  • Die Top Tien Senior spanne word uitgenooi na die Finale Rondte wat oor 'n naweek plaasvind.
  • Die prysgeld is soos volg: Senior wenspan: R5000; Tweede plek: R4000; Derde Plek: R3000;
    Junior wenspan R1000.
    Die Provinsiale wenspan (waar ‘n span nie onder Top Tien is nie) en die naasbeste provinsiale span (waar daar wel spanne onder die Top Tien is) : R 1000
  • Sertifikate: Top Tien deelname sertifikate
    Sertifikate vir elke spanlid van die Top 3 spanne Sertifikate vir elke spanlid van die Top 3 spanne   Sertifikate vir provinsiale Senior wenspanne    Sertifikate vir Juniors spanne (Wenners tot en met vyfde plek nasionaal)   Sertifikate vir algemene deelname vir al die ander leerders.
  • Bybels vir elke spanlid van die top Tien Senior spanne (geborg deur Bybelgenootskap van SA)
  • RRB Wisseltrofee vir die Nasionale Senior Wenspan.
  • Klein trofee vir elke spanlid van die Nasionale Senior wenspan.

Elarduspark vertel:

“Soos altyd was dit vir Laerskool Elarduspark ‘n groot voorreg om deel te neem en om die finaal by te woon  was ‘n bonus. “Soos altyd was dit vir Laerskool Elarduspark ‘n groot voorreg om deel te neem en om die finaal by te woon  was ‘n bonus. Ek glo dat die Bybelvasvra van onskatbare waarde is. In die huidige kurrikulum is daar groot klem op samewerking en verskillende denkorde vrae en beredenering. Al die konsepte word deur die Bybelvasvra aangespreek.

Jaar na jaar is dit vir my ook verstommend hoe die leerders, wat deelneem, verbeter wat hulle taalvermoë betref. Die Bybel (1983 vertaling met herformulering) is in skitterende suiwer Afrikaans geskryf. Kinders tel die woorde wat in onbruik verval het , of wat vervang is deur Engelse woorde, op en gebruik dit in gesprekke.

Natuurlik het dit ook groot akademiese waarde. Die leerders waarmee ek werk is reeds slim, maar die hoeveelheid werk wat hulle bemeester leer hulle nuwe studiemetodes aan. Ek het reeds aan jou genoem dat die wenspan van 2007 gesamentlik 36 onderskeidings in Matriek behaal het. Hierdie leerders is steeds betrokke in hulle kerke en is staatmakers in die gemeenskap.Een studeer medies, een ingenieurswese, een regte en die vierde joernalistiek. Hulle almal getuig dat Bybelvasvra hulle gehelp het om massas leerwerk baas te raak.

Ek is natuurlik dankbaar vir die dogter wat deel was van die 2009 wenspan. Sy begin volgende jaar haar onderwysstudies. Sy kan nog nie sê wat haar spesialiseringsvakke gaan wees nie, maar sy weet sy gaan ‘n Bybelvasvra-juffrou wees.

Al die dinge is natuurlik bysaak wanneer ek dink aan al die geleenthede vir morele lesse wat ek die kinders kon leer, en al die gesprekke oor die Woord van God.

Erika Möller

Erika is steeds besig om spanne af te rig.

Belangrike datums 2018/19

Skrifgedeeltes bekend:  Middel November 2018 
 Laaste dag vir inskrywings: 21 April 2019 
 Eerste rondte: 16-21 Mei 2109 
 Punte eerste rondte: 3 Junie 2019 (laastens) 
 Tweede rondte: 15 - 20 Augustus 2019 
 Punte tweede rondte: 2 September 2019 (laastens) 
 Finale Rondte (Top 10 Senior):

18-20 Oktober 2019 
(ATKV Hartenbos)